Die babas is dan mense gewoond en mak. Die laaste bietjie makmaak lê by die kliënt self want hy en die budgie moet ‘n band vorm.
As die babas uitbroei, bly hulle tot hul drie weke oud is by die ouers in die neskassies. Dan haal ek hulle uit en begin self te voer. Ek hanteer hulle ook al van heel klein af in die neskassies sodat hulle aan my kan gewoond raak. Aan die begin voer ek hulle ten minste drie keer per dag en soos wat hulle ouer word, begin ek hulle speen deur die middagete uit te laat. Ek knip dan ook hul vlerkies vir die eerste keer en kan hulle saam met my eie mak budgies in my kamer rondloop. Daar is dan altyd saad tot hul beskikking en begin hulle stadigaan daaraan te peusel. Hulle volg ook die voorbeeld van my ouer budgies en sodoende begin hulle ook vrugte en groente te eet wat ek daagliks vir hulle gee. So leer hule self eet en op ‘n dag wil hulle nie meer pap hê nie en staan die kroppie dik van die saad. Ek hou hul gewoonlik nog ‘n dag of twee dop om te sien dat hulle wel genoeg eet en dan is die baba gereed om na sy nuwe eienaar te gaan. Sommige nuwe eienaars wil graag self met die hand groot maak, maar ek keur hulle eers – dit is nie ‘n maklike taak as jy dit nog nooit gedoen het nie.
Ek hou ook deeglik boek van elke baba – wanneer die eier gelê is, wanneer die baba uitgebroei het asook wanneer ek hom uit die neskassie haal. Sy laaste mylpaal is as hy self begin saad eet.
My kliënte kry ook ‘n stamboom van elke budgie wat hulle by my koop. Ek dra ook sorg dat daar geen intelery plaas vind nie.
Knip van budgies se vlerke: R10 per budgie